| Baälpriesters en Valse priesters in die Christendom :Website Builder |
| Inhoud :Insetsel deur Woordverwerker :Hoofstuk 1 :Hoofstuk 2 :Hoofstuk 3 :Hoofstuk 4 :Hoofstuk 5 :Hoofstuk 6 :Hoofstuk 7 :Hoofstuk 8 :Hoofstuk 9 :Hoofstuk 10 :Hoofstuk 11 :Hoofstuk 12 :Hoofstuk 13 :Hoofstuk 14 :Hoofstuk 15 :Hoofstuk 16 :Hoofstuk 17 :Hoofstuk 18 :Hoofstuk 19 :Hoofstuk 20 :Hoofstuk 21 :Hoofstuk 22 :Hoofstuk 23 :Hoofstuk 24 :Hoofstuk 25 :Hoofstuk 26 :Boeke |
| 1> Die Koninkryk van die hemele :2> Die Koninkryk van die hemele sal op aarde wees :3> Koning YaHshua word ook genoem David :4> Koninkryk van hemele net vir Israel alleen :5> Vreemdes en uitlanders mag nie heers oor Israeliete :6> Die uitgeputte aarde sal weer vrugbaar :7> Koninkryk soos volksraad stelsel |
| Hoofstuk 26 Koning YaHshua word ook genoem David |
|
KONING YAHSHUA WORD OOK GENOEM DAWID Ons gaan verder aan met die Koninkryk van Yahshua: "Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die here God sal aan Hom die troon van sy Vader Dawid gee, en Hy sal Koning wees oor die huis van Jakob, (dit is die twaalf stamme van Israel) tot in ewigheid, en aan sy Koninkryk sal daar geen einde wees nie". Lukas 1:32-33. Dit stem ooreen met die profesieë van die Ou Testament: "Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land; (let wel nie die hemel nie). In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon (nie die kerk); en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: Die Here ons geregtigheid. Daarom kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat hulle nie meer sal sê: Sowaar as die Here leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie; maar: So waar as Yahweh leef, wat die geslag van die huis van Israel(nie die gelowiges) laat optrek en laat kom het, uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land." Jeremia 23:5-8. (Nie in die hemel nie). Wie sê die volk Israel bestaan nie meer nie? Hier sê Yahweh dan dat Hy hulle na al die lande toe verdryf het en na die Noordland; blykbaar Europa; en hulle sal terug kom na hulle land Israel. Vir Dawid het Hy met 'n eed belowe: "En jou huis en jou Koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou: jou troon sal vasstaan tot in ewigheid." 2 Samuel 7:16. Waarom het Yahweh vir Dawid 'n bestendige Koningskap vir ewig gewaarborg? "Vergeef tog die oortreding van u dienares, want die Here sal sekerlik vir my neer (Dawid) 'n bestendige huis stig;
Dit is die twee redes wat in die Bybel aangegee word waarom Dawid die hoogste eer van alle konings gekry het dat sy koninkryk vir ewig sal vasstaan en dat die Messias uit sy geslag sal wees. "Behoort julle nie te weet dat die Here die God van Israel die Koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n soutverbond nie?" 2 Konings 13:5. Onthou, Abraham en Melgisédek het ook met mekaar 'n soutverbond gemaak. Dit is 'n onbreekbare verbond vir ewig. Daar sal ook nooit vir Dawid iemand van sy geslag op die troon ontbreek nie. As die geslagsregister van Dawid gevolg word dan sien ons dat die laaste een op die troon Koningin Elizabeth van Engeland is. Binne 'n kort tyd van nou af, sal "die trone reggesit word". Daniël 7:9, 13-14. Dan sal die koning die troon van sy vader Dawid in besit neem en dit behou tot in ewigheid. So sal die verbond wat Yahweh aan Dawid met 'n eed gewaarborg het, bestendig bly tot in ewigheid. Die leraars ontken en beveg hierdie stellings van die Bybel soos dit geskryf is, ten sterkste. Vir hulle gaan almal hemel toe solank hulle net gelowiges is: Gelowiges volgens die voorskrifte van die teologiese dogma en die kerkleer van die linkse manuskripte en leraars; en die Katolieke Bybels? Dit kom daarop neer dat hulle die koninkryk van die hemel belaster sowel as die volk wat daarvoor gekies is en dan is hulle eintlik in verset teen Yahweh. Daarom is dit die plig van elke Israeliet om teen hulle in verset te kom en hulle te beveg oor hulle linksheid en oor hulle laster. So spreek Yahweh : "As julle my verbond met die dag en my verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie, dan sal ook my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie". Jeremia 33:20-21. Lees ook Psalm 89 en let veral op verse 4-5 en 28-37. Dit bewys dat dit totaal onmoontlik is dat die verbond met Dawid en met Israel ooit verbreek kan word: Dit beteken dat die volk Israel vir ewig sal bestaan en ook hulle koninkryk. Die leraars word gedaag om te bewys waar dit in die Bybel geskryf is soos hulle beweer naamlik dat die wêreld deur die wêreld self regeer gaan word en nie meer deur Yahshua en Israel nie. Van Koning Yahshua self, sê Yahweh: "En Ek sal een enkele herder oor hulle (Israel) verwek, en Hy sal hulle laat wei, naamlik my kneg Dawid. En Ek die Here, sal vir hulle 'n God wees, en my kneg Dawid 'n vors in hulle midde." Eségiël 34:23-24. Hier het Hy nou van Yahshua gepraat en Hom Dawid genoem, en dit is nie al nie: "En hulle sal woon in hulle land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het(nie in die hemel nie), waar julle vaders in gewoon het; ja, hulle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid(gaan ons dit glo ... of glo ons die leraars?); en my kneg Dawid (Christus) sal julle Vors vir ewig wees;" Eségiël 37:25. (en die Vader bly in die hemel: Is hulle regtig drie enig?). Ook vers 24: "En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees." "Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die Here hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die Here en na sy goedheid in die laaste van die dae." Hoséa 3:5. Hier kom die betekenis van die woord "bekeer" ook mooi duidelik uit. Die volk wat vroeër by Hom was en van Hom afgedwaal het, sal Hom in die laaste dae - dit is nou - soek en na Hom toe aankom of terugkeer of bekeer. Ook 'n ander aspek wat in die laaste paar verse duidelik na vore gekom het, en dit is die naam. Hier word die Messias - die koning deur Yahweh self - Dawid genoem. Tereg kan ons Hom dus vryelik Dawid noem. Dit is ook hoe baie duidelik dat dit nog steeds gaan oor die nuwe en laaste en ewige Koninkryk van die hemele: Die klip wat 'n rots word en die hele wêreld gevul het (Daniël 2:35) en dit het net betrekking tot een enkele volk - die fisiese geslag van Isak. Hiermee saam is ook interessant die lofsang van Sagaria: "En Sagaria, sy vader, is gevul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê: Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeg gebring het, en 'n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid sy kneg - soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af - redding van ons vyande en uit die hand van almal wat ons haat (dieselfde haters haat ons nog steeds tot vandag toe), om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink, aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee." Lukas 1:67-73. Ons lees in baie plekke van die huis van Dawid. Nog een hiervan is die volgende: "In dié dag sal die Here die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid (12 stamme) soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die Here voor hulle uit. Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg". Sagaria 12:8-9. Dit is al die linkse wêreldnasies, volgelinge van die dier - die valse profete ingeslote. Jerusalem is onder andere ook die volk Israel. Die "Engel van die Here" is Christus - Yahshua Maleági 3:1. Ons lees hier dat in dié dag as Hy kom as 'n hemelse wese ook sy volk soos Hy sal wees: Dit word mos in verskillende plekke in die Bybel gesê. Verder sê Hy vir ons in Sagaria 14:3: "En die Here sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog". En sy volk Israel is sy leërskares en sy oorlogswapens waarmee Hy sy vyande sal verbrysel. Jeremia 51:20-23. Wie sê dat daar vrede op aarde is? Volgens die Bybel sal Hy eers die laaste oorloë kom wen vir sy volk (Jesaja 63; Joël 2 en Eségiël 38-39) dan eers sal daar vrede kom vir 'n duisend jaar lank. Die magte van die Bose sal eers verslaan moet word deur 'n fisiese oorlog; want hulle is fisiese nasies; die linkse boknasies en dit is die hele wêreld wat volgelinge van die rooidier is. Openbaring 13:3. Daar is ook 'n paar interessanthede in verband met die huis van Dawid: Abraham en Sara is uitverkies om uit hulle 'n suiwer Adamitiese geslag te formeer vir die koninkryk naamlik Isak. Jakob word genoem die eersgeborene van Israel, maar hyself het die erenaam gekry van Israel. Jakob of Israel is dieselfde persoon en sy geslag word genoem die volk Israel maar ook die huis van Jakob (die vader) of die huis van Israel wat presies dieselfde geslag is. Maar toe Dawid Koning oor Israel word is die geslag genoem die huis van Dawid. As gevolg van vermenging deur Salomo (1 Konings 11) het die huis van Dawid verdeel in twee huise naamlik die huis van Israel (10 stamme) en die huis van Juda (12 stamme). Wanneer die koninkryk werklik in werking kom met Yahweh die Vader en Yahshua die Koning dan sal dit 'n nuwe Koninkryk wees en genoem word die huis van Yahweh of die huis van die Vader. Dit sal wees nadat die 10 en die 2 stamme weer verenig is. Eségiël 37:21-28, Maar dié huis is 'n koningshuis wat op die wêreld sal heers en hy sal baie wonings hê en Yahshua het gegaan om vir ons plek te berei in dié huis van sy Vader - Koninkryk - maar Hy kom terug om te heers op die wêreld en sy getroue deel van sy volk saam met Hom.
|
| Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
